Sperrins

Sawel Mountain in die graafskap Londonderry is die hoogste bergpiek in die Sperrins
Die kortste roete tussen Belfast en Derry, die A6-grootpad, loop regstreeks deur die Sperrins-hartland. Die Glenshane-bergpas is op dié roete geleë

Die Sperrins (in Engels dikwels ook Sperrin Mountains genoem; Iers: Na Speiríní, afgelei van speirín, "klein bergpiek") is 'n bergreeks in Noord-Ierland en een van die mees uitgestrekte hoogvlaktes in Ierland. Die reeks is in die graafskappe Tyrone en Londonderry geleë en loop vanaf Strabane in ooswaartse rigting na Slieve Gallion in Desertmartin en in noordwaartse rigting tot by Limavady. Die belangrikste nedersettings in die gebied is Omagh, Strabane, Cookstown en Dungannon, die totale bevolking beloop sowat 150 000. Die Sperrins is as 'n streek van buitengewone natuurskoon (Area of Outstanding Natural Beauty) geklassifiseer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search